PICS | COUPLE ATTACKED, ROBBED LEFT FOR DEAD

0
6260
Loading...

AS RECEIVED

AANVAL : VRYDAG : DELAREYVILLE / VRYBURG.
Ek plaas hierdie net soos ek dit gekry het !!! Toestemming is verkry van Mnr Werner Van Emmenis wat in die voertuig was saam met sy eggenote (hy is ook die eienaar van die voertuig) en is te hulp gesnel deur mnr Johan Wolfaardt wat ook die broer is van mev Van Emmenis

Ons was opad postmasburg toe en toe buite delaryville opad vryburg toe was die pad toegepak met klippe en asblikke toe moes ons langs die pad ry en daar was n klomp swart mense wat wou he ons moet stop, sit was net voor 11 die nag toe se my man ek moet net ry toe gooi hulle die bakkie met klippe met die volgende klomp wou ook he ons moet stop toe bly ek aan ry toe gooi hulle ons ook met klippe met die volgende klop het ek weer net gery en toe sien ek hoe die een man in die process om iets te gooi toe ek weer bewus is was ons in sie veld en ek voel net my gesig is nat.

Toe ons met stillstand kom het my mam gevra of ek ok is en kan omloop om in die passasierskant kan inklim. Toe my man ons probeer uit die veld ry het ons gesukkel om uit te kom, met die het my man gehoor hulle hardloop op ons af toe hulle bydi bakkie kom het hulle pangas gehad en gese ons moet uit sie bakkie klim of hulle maak ons dood. Toe smeek ons dat hulle ons net moet uitlos. Toe gee ons vir hulle al ons kontant wat ons by ons gehad het dit was omtrent R5000.

Toe harloop hulle weg sie ander groep wat daar was het ons kalm met hulle gepraat en gevra of hulle ons asb sal help. Daar hwy n polisie bakkie gestop toe skree en toet ek vir hulle sodat hulle ons kan help toe ry hulle, die polisie het weer daar gestop en weereens niks gedoen nie. Die groep het heeltyd gepraat van Supra hulle soek vir Supra.

Toe help sie groep my man sie bakkie se wiel ruil en toe help hulle ons uit die veld uit. Ons het nog n band gehad wat stukkend is so ons kon net baie stadig ry. Ons het my oom van migdol gebel om on te kom help. Ons het die Migdol grondpad gevat hy sou ons daar kry. Daar het nog 2 polisie voertuie verby gery en nie gestop nie. My oom, boetie en pa het ons op die pad gekry

My boetie het my wond toegemaak om die bloeding te stop en toe los ons die bakkie op n plaas daar naby. Ek was saterdag hospitaal toe in klerksdorp waar ek teater toe moes gaan sodat my wond skoongemaak kan word. Die dr het glastukke uitgehaal en my speekselklier herstel en steke ingesit. Sonadag die bakkie gaan haal sodat ons die windskerm en die ander band maandag kan regmaak.