Goeie nuus oor bejaarde wat sedert Saterdag vermis word

Goeie nuus oor bejaarde wat sedert Saterdag vermis word

0
80
’n Kleindogter het haar tot Facebook gewend in ’n desperate poging om haar 78-jarige oupa te help opspoor. Dinsdagoggend het daar ‘n nuwe wending gekom!

“Ons het hom gevind, hy lewe, net baie deurmekaar,” het René Bredenkamp kort voor 12:00 Dinsdag op Facebook die verblydende nuus oor Rassie Erasmus gedeel.

Sy sê hy is in die berge gevind op die plaas waar sy bakkie vroeër vanoggend gevind is.

VROEËR VANDAG

Ané Bredenkamp het ’n pleidooi gerig aan enigiemand wat haar vermiste oupa, Rassie Erasmus, gesien het, om haar te kontak.

Rassie is 78 jaar oud en ly aan Alzheimersiekte. Hy is baie deurmekaar, het Ané gesê.

Hy het op Saterdag 22 Julie omstreeks 06:00 vermis geraak in Hartenbos, waar hy woon.

Rassie is Sondagoggend omstreeks 00:30 vir die laaste keer by Beaufort-Wes gewaar.

READ MORE / LEES MEER

http://www.huisgenoot.com/Nuus/soektog-verskerp-na-bejaarde-wat-sedert-saterdag-vermis-word-20170725

error: Content is protected !!