Foutiewe wapen gee plaasaanval-slagoffer geleentheid om terug te baklei

0
99

James Munro & Albert de Beer.

Dorothy Venebles.

BARBERTON – Drie mense het die dood naelskraap vrygespring tydens ‘n plaasaanval wat in die vroeë oggendure van Sondag plaasgevind het.

James Munro, eienaar van ‘n plaas wat op die R40 in Barberton geleë is, het wakker geword toe iemand hom teen sy skouer stamp. Sy eerste gewaarwording was van ‘n persoon met ‘n vuurwapen wat langs sy bed staan. Die vuurwapen was op hom gerig en hy kon hoor hoe die sneller getrek word, maar die skoot het nie afgegaan nie.

James Munro.
.

Volgens Munro het alles binne ‘n oogwink gebeur. “Ek het gedink dis ‘n foutiewe patroon of ‘n firing pin – dit gaan deur jou kop soos blits en ek het besef ek is in die moeilikheid.” Munro het terugbaklei en ‘n bloedige struweling het gevolg waartydens die booswigte telkemale sonder sukses probeer het om hom te skiet.

Albert de Beer.
Dorothy Venebles.

Teen die tyd wat Munro wakker geword het, was ‘n vriend, Albert de Beer, wat die naweek daar deurgebring het, reeds buite aksie op die sitkamerbank. So ook Munro se goeie vriendin en werknemer, Dorothy Venebles, wat ook sy huismaat is.
Munro, De Beer en Venebles het Sondagoggend met Africa InTouch News oor die voorval gesels.
Sien beeldmateriaal bo aan storie of kliek HIER.

Artikel en Beeldmateriaal: Anchen Coetzee vir Ama’Zone Media Solutions h/a Africa InTouch
Subredakteur: Lynette Brink / Letter Linguist