Boer baklei vir sy lewe na hy vyf keer geskiet is

0
1257
‘n Sewe-en-vyftigjarige boer van Brits het vir sy lewe baklei, selfs na hy vier keer deur gewapende aanvallers geskiet is tydens ‘n plaasaanval Dinsdagaand.

Dries Botha (57) is in die bors, maag, skouer en arm geskiet toe ses gewapende rowers hom ongeveer 20:00 op sy plaas by Klipkop oorval het. Hy het hom teen die booswigte verdedig tot hulle later op vlug geslaan het. Hy is tans in die intensiewesorgeenheid in die Brits Mediclinic.

“Ten spyte daarvan dat hy geskiet is, het my pa aanhou terugbaklei tot die rowers later op vlug geslaan het. Hy het dit selfs reggegkry om die sleutels weer by hulle af te vat en terug te stap huis toe.”

Bure en lede van die Krokodil landelike beveiligingsgroep was blitsvinnig op die toneel. Dries is na die hospitaal vervoer. Hy het Dinsdagaand ‘n noodoperasie ondergaan om die skade aan sy pankreas te probeer herstel. “Ons vermoed nog operasies sal volg,” het Dries Jr gesê.

volledige artikel

http://kormorant.co.za/31365/boer-baklei-steeds-vir-sy-lewe-na-hy-vyf-keer-geskiet-is/